Meer oor ons

Die Burger gee twee aparte uitgawes, Wes-Kaap en Oos-Kaap, uit. Saam met die jongste nuus bied die koerant Sake24, met plaaslike, nasionale en internasionale sakenuus en marksyfers. Die Burger het ’n wye verskeidenheid bylaes: Jip vir tieners (Maandae), Buite, met nuus oor die omgewing, toerisme en die buitelewe (Dinsdae), Leefstyl oor mense en hul lewenstyl (Woensdae), Motors vir voertuigentoesiaste (Donderdae), NaweekJoernaal oor kuns en vermaak (Vrydae) en By met aktuele en diepte-artikels (Saterdae). Nog bylaes op Saterdae is Eiendomme, Tuinroete Eiendomme en KleinBurger, vir 5- tot 12-jariges. LandbouBurger fokus op die landbougemeenskap en verskyn elke tweede Vrydag. Netads verskyn daagliks met geklassifiseerde advertensies, radio- en TV-programme, 'n pretblad en rolprentinligting. Funda is ’n tweeweeklikse opvoedkundige publikasie wat op laerskole in die Wes-Kaap fokus. In en Om die Huis verskyn elke laaste Vrydag van die maand en is ’n verbruikerspublikasie oor dekor en selfdoenprojekte.